Monday, October 22, 2007

Kampioene vir die volgende 4 jaar - vatso!

What a day, what a weekend - was in Paris for 24 hours, got a last minute corporate invite – not nearly as good as going with mates, but a privilege to be there nonetheless. Hated most of it actually - woke up on Saturday morning with stomach bug, couldn't
eat or drink anything on Eurostar from London - or was it just nerves? One thing that gave me hope was the old saying: May the best team win - because if that were to happen, the Poms would get a huge drubbing, wouldn't they?

Arrived in Paris to a sea of white English jerseys, probably outnumbering the Bokbefok brigade in green by a factor of 5:1. It was evident in the stadium as well - when they started singing Swing Low Sweet Chariot, it sounded like a home game at Twickenham.
And when the video ref gave That Decision, and they booed, I caught myself jumping up, turning back at them, and shouting that they should learn the rules! This is rugby, not football, the line belongs to the referee, not to the player, for goodness sake! – the moment he touched it (i.e. BEFORE he got it down), that’s that, decision taken, what happens after that (foot in the air when he does get it down etc) is totally irrelevant - like dead ball in cricket!

A minute later the Englishman behind me gets a text from his brother watching at home: wrong call, it was clearly a try. To which I responded that he should read in tomorrow's newspaper whether it was a try or not. As I said, didn't enjoy much of it, too tense.

Only in the 76th minute did I start believing – and what a long minute that was! I remember looking up to see 75:09 on the scoreboard, looking down again, following play for a while, only to look up again "a while later" in order to check up on time elapsed, and it was 75:36! Who the hell was slowing down time? Was Albert Bloody Einstein at the match? And was he on England's side??

Afterwards, I was in tears for the first time since the birth of my little baby girl. For the first time at a sports event since That Wonderful Day in 1995 when the Boks did it the previous time (by the way, my daughter Amelie was born on 24 June this year, exactly
12 years after our RWC win in 1995 - I should have known that was an omen... And just to think, at the age of just 17 weeks, she can now boast about the fact that HER country has won the RWC - there are students in New Zealand who are old enough to vote who cannot
even say that!

My (English) host was in a hurry to leave, I politely told him that I would wait until I see my captain lift the trophy (that's the problem with these corporate invites - I suddenly thought about all those mates that I had around me in 1995, having started with a braai at my place before the match, and returning afterwards to celebrate with Springbokkies - do people still drink this beautiful but vile concoction?)

Glad to report though that my host ended up staying with me, reluctantly - although I also have to say, all the other Englishmen on the stands stayed behind right up until the end of the final award ceremony, appreciating (and adding to) the sense of occasion. When John Smit ultimately got the trophy in his hands, and the whole stadium lit up from the fireworks, I was shaking from emotion... Did you see the shiny confetti they blew into the sky? When it started coming down to earth, I was desperate to catch one - and guess what: I saw a piece heading in my general direction, but about 5 meters above my head, it changed course, only to dive back straight onto my seat! Coincidence? Never! Childish of me to get so excited about this that I want to report it? Absolutely! - but that just underlines how much this crazy sport made me care over these last 6 weeks, and how much it ended up meaning to the child in me who will never grow up...

And you know what was the best feeling of all? Standing there in the afterglow, listening to Shosholoza and Myriam Makeba's Pata Pata blearing over the stadium speakers, over and over... thank goodness
it wasn't Jerusalem or Swing Low!

VIVA AMABOKOBOKO, VIVA!

Sunday, September 09, 2007

Die lewe is 'n fees!

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Wanneer jy met die tipiese Suid-Afrikaanse aksent deur die lewe gaan (en meer spesifiek deur ‘n plek soos die Verenigde Koninkryk), gebeur dit tog o, so gereeld dat mense jou vra waar jy vandaan kom. En ek het al geleer dat jy nooit hierop moet antwoord “Suid-Afrika” nie – want die vraagsteller weet dit uiteraard al lankal, stupid.

Hy of sy wil bloot weet of jy van Johannesburg of Kaapstad kom.

Tough luck as jy eintlik ‘n Bloemfonteiner is (selfs al wás jy op Grey!). Erger nog as jou ouerhuis in Pietermaritzburg staan: Peter, what? En moenie eers dink daaraan om te verwys na Oos-Londen nie. Ek meen, Oos-LONDEN? In Suid-Afrika? Wat rook jy, meneer?

Maar ons almal weet dat daar tog soveel meer is om van te kies as jy vir die tipiese toeris moet adviseer oor al die stede in ons land wat ‘n besoek werd is.

Vat Sun City, byvoorbeeld. Sowel natuurlik as sy buurstad, die Lost City. Om nie eers te praat van Gold Reef City nie.

En as jy dan nou regtig moeg word vir al hierdie stede, is daar altyd ook nog Furniture City, Sanitary City en Liquor City.

En dis die einste Liquor City wie se dubbelblad, volkleur-advertensie in Beeld my opgeval het toe ek ‘n week gelede op die vliegtuig sit, op pad terug Londen toe van die stad van my geboorte af.

Waar op aarde, het ek gedink, kry mens nog sulke groteske advertensies vir ‘n drankwinkel in ‘n koerant wat homself probeer voordoen as ‘n ernstige publikasie? Wat het van my volk geword?

“DIE LEWE IS ‘N FEES! KOM VIER DIT SAAM MET ONS!”, skree die advertensie, gevolg deur ‘n hele rits specials.

Vat byvoorbeeld die aanbod van Don Simon Sangria, “nommer een sangria in die wêreld”, aldus die advertensie. Sê wie, wonder ek onwillekeurig. En teen R29.99 vir ‘n hele 1.5 liter, ys ek (no pun intended) om te dink hoe dit moet smaak.

Maar soos met enige goedkoop drank, maak dit seker nie saak hoe lekker dit smaak nie, al wat belangrik is, is hoe lekker dit máák…

Dan is daar die Ricaiano Chianti rooiwyn (lewensgrote foto van die vet bottel, onderste helfte smaakvol toegedraai met plastiek-strooi en al), aansienlik duurder teen R79.99 vir 1.5 liter. “Ons daag almal uit om hierdie prys te klop”, aldus die mense van Liquor City.

En ek glo hulle. Ek dink in elk geval jy gaan sukkel om wyn van hierdie kwaliteit by enige ander drankwinkel in die hande te kry.

En hoe lyk dit met ‘n bottel Christian Brothers Brandewyn (nee, ek dink dit nie uit nie) – “nommer een verkoopte brandewyn in VSA nou in Suid-Afrika” – teen ‘n wegraap-prys van R59.99! Is daar enigiemand wat so ‘n verwysing ernstig kan opneem? Trouens, ek sal redelik verbaas wees as enigiemand in Amerika al ooit van hierdie handelsmerk gehoor het.

Maar dit raak selfs beter: vir R199.99 kan jy ‘n bottel Meukow VS Konjak aanskaf – “beste Franse konjak in die wêreld”.

As jy dit glo, sal jy enigiets glo.

Verder is daar die Shark-energiedrankie (R37.99 vir 4) – “grootste energie-drankie in Europa nou in Suid-Afrika”. Nou maar hoekom ek dit dan nog nooit in Europa gewaar nie? Kruip seker weg agter al daai blikkies Red Bull…

Wat my egter die heel meeste geïnteresseer het, was die verwysing na die gholfspeler David Frost se Par Excellence wyn (teen R239.99, lag-lag die duurste bottel op die bladsy) – “geskik vir diabete”. Met ander woorde, selfs as jy te siek is om getrek te raak op dubbel-Klipdrifts en Coke, het ons die drankie net vir jou…

Maar tog wonder ek: wat is daar in David Frost se wyn wat dit kwansuis geskik maak vir diabete? Of moet ek eerder vra: wat is NIE daarin nie?

So sit ek op die vliegtuig en vermaak myself deur die detail van Liquor City se aanbiedings van die week te bestudeer, hoofsaaklik as gevolg van die feit dat dit die enigste deel van die koerant was wat my nie tot depressie gestem het nie (ek’s nie seker wat die lugwaardinne en/of die mense in die sitplekke langs my gedink het van my leessmaak nie).

Want sien, die voorblad was vol van ‘n storie oor ‘n onderwyseres wat by die skool se hek gekaap is. Op die volgende bladsy was daar ‘n klaaglied oor Minister Manto Tshabalala-Msimang, gevolg deur ‘n storie oor Dozi en sy Muriël wat uitgedos is vir Monaco (asof enigiemand omgee?). Verder was daar natuurlik verwysings na die treurmare in Zimbabwe, ongelukkigheid oor Pretoria se naamsverandering, ‘n grusame storie oor ‘n seuntjie wat oënskynlik in ‘n moetie-aanval gesterf het, opskuddings in die wêreld se aandelemarkte, en ‘n analise van die land se top-krieketspelers wat (alweer) stry gekry het met die sport se owerhede.

Ja-nee, g’n wonder dat Liquor City soveel kleurryke advertensiespasie kan beskostig nie.

Want onthou, die lewe is ‘n fees! Kom vier dit saam met ons!


Voetstoots van Tonder
9 September 2007

Thursday, August 16, 2007

Indië in die dinges

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket
Indië is besig om die prys vir sy (haar?) ekonomiese vooruitgang te betaal - op vele fronte.

Vandag lees ek bv. in die Engelse pers oor die Yamuna-rivier in Delhi. Die Hindoes dink die rivier se water was hulle sondes weg; intussen is die wetenskaplikes bekommerd oor die feit dat die rivier eintlik maar net 'n riool-kanaal is.

En die minister wat opgeskeep sit met die probleem?

Haar naam is Sheila Dikshit.

Ek lieg nie - lees hier.

Sunday, August 12, 2007

Die land van melk en heuning (en vinnige kêrels)

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Vandat die Britse Setlaars oorspronklik in 1820 besluit het om Port Elizabeth toe te seil sodat hulle die Grahamstadse Kunstefees kan bywoon, is ons ou landjie aan die suidpunt van Afrika gereeld in die nuus hier in die Engelse pers.

Net jammer dis gewoonlik slegte nuus.

As dit nie Hugh Masekela is wat die land wil verlaat omdat hy as kunstenaar ingeperk voel nie, is dit kabinetslede wat ge-fire word omdat hulle kwansuis nie langs dieselfde vuur sit as die President nie. Of een van die vele Suid-Afrikaners wat vir die onder-presterende Engelse krieketspan uitdraf wat die span in die steek laat (wat my laat wonder: as Matt Prior dan so sleg is, kan hulle nie maar 'n Ingelsman kry om in sy plek te speel nie?).

Maar na 'n harde week, 'n paar berigte in Saterdag se koerante wat darem 'n Suid-Afrikaner se hart laat warm klop.

Eers was dit Jancis Robinson wat in die Financial Times skryf van die prag en die goeie wyne en restaurante van die Franschhoek-vallei.

En toe sien ek hierdie artikel in The Times se gesondheisbylae, waar 'n Suid-Afrikaanse meisie kla dat haar Engelse kêrel darem maar net te stadig vir woorde is.

Ja-nee, g'n wonder die Britse Setlaars het nooit wou terugkeer Moddereiland toe nie.


Voetstoots van Tonder
12 Augustus 2007

Sunday, August 05, 2007

Cowes week?

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

So dis weer Cowes Week hierdie week. Oudste regatta in die wêreld. Een van die grootste jaarlikse geleenthede op die Engelse sosiale kalender. Vir sewe dae lank is die hele Isle of Wight in rep en roer.

Maar – en vergewe my asseblief vir die simpel woordspeling – dit was verseker nie die koeie se week in die Wanborough-omgewing in Surrey nie. En dis nie nog ‘n heilige- koei-met-bees-tuberkulose-storie nie. Nee, hierdie keer is dit ietwat erger: ‘n ligte epidemie bek-en-klouseer wat uitbreek, en siedaar, drie arme boere se kuddes word gans en al van kant gemaak.

Wat natuurlik beteken – aan die hand van die onberispelike logika soos uiteengesit in my vorige inskrywing – dat die snelle pas van globale verwarming waarskynlik nou meer onder beheer is as ooit tevore, baie dankie.

Maar moenie glo nie. Want sien, net mooi hierdie naweek lees ek ook dat een of ander wetenskaplike in die VK “bewys” het dat dit nou erger vir die planeet is om winkel toe te loop as om met die gemiddelde voertuig soontoe te ry.

Hoe so, hoor ek jou vra.

Wel, so werk dit: gegewe dat die stappie winkel toe jou ietwat meer gaan uithonger as ‘n paar minute agter die stuurwiel, beteken dit dat jy later vandag heelparty ekstra kalorieë gaan nodig hê om liggaam en siel aanmekaar te hou. En op die aanname dat jy derhalwe vanaand ‘n groter stukkie beesvleis sal wil verorber (en/of dalk selfs ‘n melkskommel gaan afwurg), is die logiese gevolgtrekking dat jou stappie winkel toe uiteindelik bevorderlik is vir die beesboer-industrie.

En ons weet mos nou reeds: elke keer wat ‘n koei burp in Surrey, vrek daar ‘n ysbeer in Groenland.

Ja-nee, soos Pienk Zuit net nou die dag geskryf het, met sogenaamde "navorsing" kan 'n mens ook enigiets bewys.

Maar ten minste het ek nou ‘n verskoning vir die feit dat ek so min oefen. Nie net dit nie, maar ek gaan verder ook ophou melkskommels drink en eerder werk aan my bier-verbruik.

Want sien, dis alles goed vir die “omgewing”.


Voetstoots van Tonder
5 Augustus 2007

Sunday, July 29, 2007

Die kalf is in die put

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Toe ek grootgeword het, was heilige koeie vir my maar net nog ‘n spreekwoord – soos die agteros wat uiteindelik ook in die kraal kom, en ou koeie wat van tyd tot tyd uit die sloot gegrawe word. Oftewel iets wat van die plaas af kom; iets wat te doen het met ons Boere se geskiedenis op die plaas; iets wat seker maar verband hou met ons liefde vir goeie boerewors.

Eers later sou ek leer dat die uitdrukking egter ontstaan het in die Hindoeïsme en die geëerde plek wat hierdie gewer van melk (en biefstuk) in dié geloof beklee. Nie dat Hindoes die biefstuk-aspek nou juis waardeer nie, natuurlik…

Ek het nog altyd gesukkel om dit te verstaan.

En toe skaf ek laasjaar ‘n boek aan met uitlatings van Mahatma Gandhi. En daar lees ek die volgende:

The Central fact of Hinduism is cow protection. Cow protection to me is one of the most wonderful phenomena in human evolution. It takes the human being beyond his species. The cow to me means the entire sub-human world. Man through the cow is enjoined to realize his identity with all that lives. Why the cow was selected for apotheosis is obvious to me. The cow was in India the best companion. She was the giver of plenty. Not only did she give milk, but she also made agriculture possible…

Cow protection is the gift of Hinduism to the world. And Hinduism will live so long as there are Hindus to protect the cow…

Hindus will be judged not by their tilaks, not by the correct chanting of mantras, not by their pilgrimages, not by their most punctilious observances of caste rules, but their ability to protect the cow.


Ek sal lieg as ek sê dat die skille van my oë afgeval het toe ek hierdie stuk die eerste keer gelees het, maar tog het dit my begrip so ‘n bietjie aangehelp. Vir my is daar ‘n analogie met jazz-musiek: heelparty fundi sal saamstem dat dit die “hoogste vorm” van musiek is; dít, ten spyte daarvan dat baie ander mense daarop sal aandring dat jazz eintlik glad nie behoorlike musiek is nie…

Hoe dit ookal sy, ‘n heilige koei met bees-tuberkulose by ‘n Hindoe-nedersetting genaamd Skanda Vale in Wes-Wallis het die afgelope tyd behoorlik opslae gemaak in die Engelse pers – amper meer as die vloede in Tewkesbury en al daai dokters wat bomme plant (dit reën in elk geval deesdae te veel in Engeland om enigiets anders te plant).

Die Manne Met Die Wit Jasse het naamlik ‘n paar maande gelede besluit dat Shambo die siek koei ‘n Gevaar Vir Die Samelewing is, en die arme dier moes derhalwe uitgesit word. Maar dit was maar net die begin van al die aksie. ‘n Paar appélle het gevolg – onder andere een wat aanvanklik geslaag het omdat Shambo se teregstelling blykbaar onregmatig sou wees ingevolge die Europese Konvensie van Menseregte.

Menseregte, vra jy?

Jip, ek weet ook nie.

Elkgeval. ‘n Paar hoofstukke later in die storie is Shambo toe wel nou die dag tot die dood veroordeel – dít, ten spyte van die ondersteuning van Hindoes van oraloor (mense het self van Nieu-Seeland af gereis in simpatie met die stomme koei). En verlede Donderdag het Shambo toe uiteindelik wel die tydelike met die minder tydelike verwissel.

Soos jy kan dink is die Hindoes hoogs ontsteld. Vreedsame verset was miskien die strategie van Mahatma Gandhi, maar die inwoners van Skanda Vale het nog lank nie gaan lê nie – veral noudat daar sprake is van verdere heilige koeie wat moontlik in die slag gaan bly.

Ja-nee, die kalf is behoorlik in die put.

Maar persoonlik verkies ek om te fokus op die positiewe aspekte van die storie. Dink so daaraan: gegewe dat een standaard-koei elke dag genoeg wind breek om net soveel metaangas in die atmosfeer vry te stel as ‘n trans-atlantiese vlug, beteken dit derhalwe dat die pas van globale verwarming nou heelwat stadiger is te danke aan Shambo se afsterwe.

Met ander woorde die koei se dood is die ysbeer se brood.


Voetstoots van Tonder
29 Julie 2007

Saturday, June 02, 2007

Ramboude...

Uittreksel uit The Times, Saterdag 2 Junie 2007:

Mini-revolution

Skirts are being banned at Woodhey High School in Ramsbottom, near Bury, Lancashire, because girls wear them too short. Black trousers will be worn from September at the mixed college. Governors’ chairwoman Luise Nandy said: “They are a source of endless battles between staff and children.”


- in 'n plek genaamd Ramsbottom? Bly om te hoor... ek meen, wie wil nou heeldag DAARin vaskyk?

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket
< # afrikaans ? >